Welkom by die Vicinity Groep
Unieke leef- en werksruimtes…
By die Vicinity Groep, skep ons unieke leef -en werksomgewings deur uitsonderlike ruimtes te ontwikkel. Ons toewyding en passie as ‘n familie besigheid vanaf 1989 strek veel verder as die blote oprigting van geboue.
Ons verstaan dat sukses nie gemeet word aan strukture nie, maar aan die langtermyn verhoudings wat ons bou met ons kliënte, besigheidsvennote en werknemers.
Ons storie
Die oorsprong van die familie-besigheid is in 1989 toe Jakkie van Heerden Sr ‘n beskeie raadgewende ingenieursfirma in Nelspruit begin het. Gedryf deur ‘n passie vir eiendom, het Jakkie en sy vrou, Annemarie, hul eerste projek aangepak met die ontwikkeling van ‘n enkele residensiële eenheid, toepaslik genaamd “Die Pophuis”.
Eiendomsontwikkeling het vinnig die fokus van die besigheid geword en die reeks van ontwikkelings is uitgebrei van eenvoudige meenthuis komplekse tot omvangryke leefstyl ontwikkelings en kommersiële geboue.
Jakkie Sr se toetrede tot die besigheidswêreld is nie net gekenmerk deur sy entrepreneurskap nie, maar ook deur ‘n diepgewortelde toewyding aan familie waardes en die wyer gemeenskap. Terwyl die fokus van die familie toegewyd bly op die ontwikkeling van langtermyn verbintenisse, bly die besigheid nie net een van suksesvolle projekte nie, maar ook van hegte verhoudings wat gevestig word in die wêreld van eiendomsontwikkeling.